Luiperd val man, vrou aan
2011-08-28 16:59
Limpopo – 'n Man en vrou is op 'n wildplaas naby Limpopo deur 'n luiperd aangeval, het paramedici Sondagoggend gesê.
'n Buitelandse trofeejagter en Saterdagmiddag 'n luiperd geskiet en gewond, waarna 'n soekgeselskap uitgestuur is om die dier te vind, het Andre Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Die luiperd het toe die man en vrou bekruip en toe aangeval. Die voorval het 09:00 Sondagoggend plaasgevind.
Die luiperd het die man se linkerskouer, arm en buik gebyt, terwyl sy vrou verskeie snyplekke aan haar arm opgedoen het.
Die paartjie is na die Polokwane provinsiale hospitaal geneem, maar is later na Medi-Clinic Limpopo oorgeplaas vir verdere behandeling.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA