Lugmagvlieënier wat vliegtuig 'leen' geskors
2012-11-28 17:59
Video - Lugmagvlieëniers geteiken
Suid-Afrika se lugmag vind dit al moeiliker om aan sy gekwalifiseerde vlieëniers vas te hou, wat toenemend elders 'n heenkome soek.
KYK
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse lugmagvlieënier wat vroeër vanjaar 'n vliegtuig "geleen" het om by vriende in Botswana te gaan kuier, is geskors terwyl 'n kolonel wat afgeneem is waar sy in haar uniform met pienk pantoffels in 'n winkel staan, berispe is, het die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Woensdag gesê.
"Luitenant NKS Bulwana is geskors en 'n komitee is opgestel om die voorval te ondersoek," het sy in 'n skriftelike antwoord op 'n vraag in die parlement gesê.
Bulwana het in Februarie vanjaar die Botswana-grens sonder toestemming met 'n Cessna 172 oorgesteek.
Mapisa-Nqakula het gesê nog 'n lugmag-offisier, kolonel Ruth Ndayi, is "oor haar optrede berispe".
Ndayi is vroeër die jaar op kamera vasgelê waar sy in etenstyd in uniform en ’n paar helderpienk pantoffels met ’n trollie staan.
Die foto, wat in ’n winkelsentrum in Brooklyn geneem is, het soos 'n veldbrand op sosiale netwerke versprei.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA