Lugmag 'se vlerke geknip'

2009-08-21 06:38
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Pretoria - Die lugmag bly mank aan vlieg- en tegniese kundigheid.

Daar is tans 54% te min ingenieurs en 48% te min vegvlieëniers, terwyl die res van die vliegtuig-indelings beswaarlik beter daaraan toe is.

Planne is in die vooruitsig om binne die volgende jaar sowat R20 miljoen te bestee om nuwe kundiges aan te stel.

Dít blyk uit die antwoorde op ’n skriftelike parlementêre vraag van David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, oor vaardigheidstekorte in die lugmag.

Van die 60 poste vir vegvlieëniers is 29 vakant. Die lugmag het nie aangedui hoeveel van die mense wat wel in poste is as operasionele vlieëniers dien nie. Die ongevulde poste is reeds gemiddeld 17 maande vakant, wat beteken daar is min vordering.

Verlede jaar was daar slegs 20 operasionele vegvlieëniers oor, wat beteken het daar is twee en ’n half nuwe vegvliegtuie vir elke vlieënier.

Die grootste tekort is dié aan ingenieurs, waar 70 uit die 130 poste vakant is. Luidens die antwoord het die lugmag nog altyd ’n tekort aan ingenieurs gehad – hoofsaaklik omdat die weermag nie met salarisse in die private sektor kan tred hou nie.

Sowat 34% van die helikopter-indeling se 167 poste is die afgelope 16 maande ongevul. In die maritieme vervoer-indeling is daar 30% te min vlieëniers en 47% te min navigators.

Die lugmag maak ook nie vordering om sy vakante poste vir lugruimbeheerders te vul nie. Sowat 37% van die 77 poste is reeds drie jaar lank vakant.

Volgens Maynier kom die tekorte daarop neer dat die lugmag se vlerke geknip is.

“Meer vliegtuie staan op die grond as wat daar vlieg – dít terwyl me. Lindiwe Sisulu (minister van verdediging en militêre veterane) aangedui het dat sy ‘persoonlik werklik tevrede is met die gereedheidstand’ van die weermag.”

Die lugmag het in die onlangse verlede verskeie vlieëniers en ander lugvaartkundiges verloor nadat die Australiese lugmag en kommersiële lugdienste aggressief onder sy personeel gewerf het.

- Die Burger

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.