Lugmag red Turk van skip aan Weskus

2010-06-28 09:00
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Twee Oryx-helikopters en ’n Dakota T47TP van die lugmagbasis Ysterplaat buite Kaapstad het Saterdagoggend deinings van tot vier meter getrotseer om ’n beseerde matroos van die Turkse vragskip Proud te red.

Die dramatiese reddingspoging het hom sowat 150 seemyl van die Weskus afgespeel. Beamptes van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) was saam om Orhan Oz (23) van die skip af te haal.

Verpleegpersoneel by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal het Sondagmiddag gesê sy toestand is ernstig, maar stabiel. Oz was Sondag aan ’n asemhalingstoestel gekoppel wat suurstof verskaf.

Van sy ribbes is gebreek en sy een long is ernstig beseer.

Benewens die deinings moes die reddingspan ’n wind trotseer wat teen nagenoeg 25 knope (45 km/h) gewaai het.

Die vragskip is van Brasilië na Singapoer onderweg.

Maj. Joy Christie, woordvoerder van die lugmagbasis Ysterplaat, het gesê hulle is Saterdag teen 10:00 ingelig dat ’n bemanningslid op die vragskip ernstig seergekry het.

Die Turkse matroos het glo Vrydagoggend by ’n trap op die skip afgeval.

Ander bemanningslede het hom later die dag bewusteloos by die trap gevind en onmiddellik met ’n dokter op land in verbinding getree.

Die dokter het gesê hy moet so gou moontlik by ’n hospitaal uitkom.

Christie het gesê lugbemanning van 35 Eskader en 22 Eskader is onmiddellik opgekommandeer en die twee Oryx-helikopters en die Dakota is na die skip gestuur.

Die lede van die NSRI, asook ’n paramedikus, is saam om die beseerde matroos te ondersoek en te stabiliseer.

Lt.kol. Gerrie van der Merwe, bevelvoerder van 35 Eskader by Ysterplaat, en lt. Zack Smith, bevelvoerder van die Dakota, het gesê hulle het die basis om 11:30 verlaat.

“Ons taak was om die skip te soek en die presiese ligging vir die twee helikopters deur te gee,” het Van der Merwe gesê.

Van der Merwe het gesê alles het redelik vlot en vinnig verloop.

Met die terugkeer van die helikopters na Ysterplaat het paramedici van die ambulansdiens NetCare911 Oz gestabiliseer en vir behandeling na die hospitaal gebring.

- Die Burger

Lees meer oor: reddingspoging

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.