Lugmag: 'JZ-vlug nié weer vergesel'

2012-01-23 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, sal vandeesweek met die hoofde van die weermag en die lugmag vergader om die BBP-vlugte-debakel te bespreek.

Die lugmag het haar egter verseker dat die omstrede reis van pres. Jacob Zuma New York toe, waartydens twee skadu-vliegtuie teen miljoene rande sy vliegtuig vergesel het, die laaste een is waartydens sy Boeing-sakestraler vergesel sal word.

Ndivhuwo Mabaya, Sisulu se woordvoerder, het gesê die lugmag wou geen kans waag dat Zuma nié vir die Verenigde Nasies (VN)-vergadering in New York sou opdaag nie.

Dit was boonop die eerste vlug met Zuma aan boord van Inkwazi, sy straler, ná ’n groot diens waartydens daar ook versienings binne-in die vliegtuig in Switserland gedoen is.

“Dít is waarom Inkwazi eers tot op Las Palmas en later weer terug van New York af vergesel is,” het Mabaya gesê.

Hy kon nie sê waarom die Airbus A340-211 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat tot op Las Palmas in die Kanariese Eilande gevlieg het, nie die volle reis kon meemaak nie.

Ook nie waarom dit nodig was om ’n Bombardier Global Express XRS New York toe te stuur net om Zuma terug huis toe te vergesel nie.

’n Bohaai oor die vlugte het verlede week losgebars nadat die ministerie aanvanklik gesê het die vliegtuig is net tot op Las Palmas gevolg.

Vrydag het lt.genl. Carlo Gagiano, lugmaghoof, egter erken dat daar ook ’n skadu-vliegtuig van New York af saam gevlieg het.

Die verwarring oor die vliegtuie was volgens hom weens ’n kommunikasiegaping tussen hom en Mabaya.

Volgens Helmoed-Römer Heitman, militêre kenner, is dit verstaanbaar dat daar verlede jaar, terwyl die presidensiële straler versien en huurvliegtuie vir Zuma gebruik is, skadu-vliegtuie gebruik is.

Tóé was die verskoning dat daar wantroue was teen die vliegtuie se betroubaarheid, maar nou is daar glo ook wantroue teen die lugmagstraler.

“Dit lyk op die oog af of daar oorboord gegaan is met die beplanning.

’n Mens weet egter nie wat die opdrag met die taking van die vliegtuie vir die reis was nie.

As dit was om die president te alle koste betyds en sonder enige vertragings in New York te kry, het die lugmag dit waarskynlik vertolk dat bystandsvliegtuie die heeltyd beskikbaar moes wees om vertragings te voorkom.”

Volgens Heitman het die lugmag nie tans ’n behoorlike bystandsvliegtuig in sy vloot nie.

– Volg Nuus24 op Twitter 

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.