Lughawensmaatskappy monitor aswolk
2011-06-19 14:40
Johannesburg – Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy sal voortgaan om die situasie in die Kaapse lugruim te monitor en sal passasiers op hoogte hou.
Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens al sy vlugte van en na Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen gekanselleer het, nadat 'n aswolk naby Kaapstad opgemerk is. Die aswolk is afkomstig van die onlangse vulkaniese uitbarsting in Chili.
'n Woordvoerder van ACSA, Jeff Matshoba, het vroeër gesê die vlugte is as veiligheidsmaatreël gestaak. Tientalle passasiers is gestrand weens die situasie.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter