Louise se skoolmaats, gesin in rou gedompel

2011-10-15 08:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die nuus van Louise de Waal se dood het vandag eers werklik ingesink.

Só het David Agsteribbe, Louise se swaer en woordvoerder van die De Waal-gesin, gister gesê en bygevoeg dit gaan nie goed met die familie nie.

“Dit lyk my die verskriklike nuus dat sy dood is, dring nou eers werklik deur.

“Weezy, soos ons haar genoem het, sou Sondag 17 geword het.

“Ons sou almal Sondag partytjie gehou het om haar verjaardag te vier.”

Sedert Louise se ontvoering en moord is haar skool, die Hoërskool Die Burger in Roodepoort, en gemeenskap in paniek en skok gedompel.

Net sowat die helfte van haar skoolmaats het sedert Donderdag by die skool opgedaag en beraders help die onderwysers en kinders voortdurend deur ’n uitsonderlike moeilike tyd, het Amina Raymond, voorsitter van die beheerliggaam, gesê.

“Dit is ’n ongelooflike moeilike situasie om te hanteer. Die kinders, veral die meisies, is verstaanbaar getraumatiseerd.

“Ons probeer ons bes om die kinders in die skool veilig te hou.

“Dit is egter nie ’n onveilige deel waarin die skool geleë is nie en omdat dit (die ontvoering) buite skoolure gebeur het, bemoeilik dit ook ons werk.”

Raymond het egter gesê die skool en beheerliggaam sal enigiets doen om die kinders veilig te hou.

Sekuriteit by die skoolhekke is opgeskerp en die skoolterrein word gepatrolleer.

Louise is Woensdagoggend 200m van haar huis in Rinastraat ontvoer toe sy saam met ’n 17-jarige vriendin die 700m na hul skool wou stap.

Haar verbrande lyk is dieselfde dag omstreeks 13:00 op ’n plaas naby Ma-ropeng gevind.

’n Roudiens word Woensdag om 13:30 by die skool gehou, het Raymond gesê.

Die reëlings vir Louise se begrafnis is nog onbekend.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.