Louise se ontvoerder na Gauteng geneem

2011-10-13 19:53
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Vermeende reeksverkragter wat erken het hy het die hoërskoolleerder Louise de Waal ontvoer en vermoor, is na Gauteng geneem, het die polisie Donderdag gesê.

“Hy het homself vanoggend by die Margate-polisiekantoor [in KwaZulu-Natal] oorgegee,” het maj. genl. Nobesuthu Masiya, waarnemende polisiekommissaris, Donderdag aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Volgens lt. kol. Tshisikhawe Ndou, polisiewoordvoerder, het die polisie in KwaZulu-Natal die man ondervra en is “sekere bekentenisse [deur hom] gemaak”.

Hy het gesê die polisie is nie seker of die bekentenisse mettertyd ‘n formele bekentenis sal wees nie.

“Daar is verskeie dinge wat gedoen moet word. Hy was aan die vlug, maar word op die oomblik na Gauteng vervoer,” het hy gesê.

“Wanneer hy arriveer, sal ons sien hoe dinge van daar af sal gaan.”

Volgens Masiya het ao. Peet du Toit, wat die ondersoek na die ontvoering van die 17-jarige De Waal gelei het, die man deur sy broer in die hande gekry en hom oortuig om homself oor te gee aan die polisie.

Die man word na bewering verbind met vyf sake van verkragting en een van moord, het sy gesê.

Die misdade het tot die man se bynaam, die “Sondag-verkragter”, gelei.

“Hy het nog nie skuld beken op die ander verkragtings en die moord nie,” het Masiya gesê.

Volgens Du Toit het die man se modus operandi gepas by dié van die “Sondag-verkragter”.

“Die man het gewoonlik op Sondae tussen 10:00 en 13:00 in sekere woonbuurte in Gauteng en Noordwes na meisies van tussen 10 en 17 jaar oud gaan soek,” het hy gesê.

“Hy sou dan 20 of 30 kilometer wegry en die meisies verkrag. Hy sou ook dikwels ‘n aandenking van hulle vat, soos ‘n kopband of ‘n broekie.”

Volgens Masiya is die man, in sy 30’s, voorheen aan seksuele aanranding skuldig bevind.

“Hy is in 2007 in hegtenis geneem, skuldig bevind en tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis. Die vonnis is egter vir drie jaar opgeskort. Hy het gemeenskapsdiens gedoen.”

Masiya het ook bevestig dat ‘n verkoolde lyk Woensdagmiddag op ‘n plaas in Magaliesburg gevind is, maar het gesê die polisie wag op die resultate van forensiese toetse voordat die lyk uitgeken kan word.

De Waal is Woensdagoggend ontvoer toe sy skool toe gestap het in White Ridge, Florida, wes van Johannesburg.

- Volg Nuus24 op Twitter


- SAPA

Lees meer oor: louise de waal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.