Lotz-moord: Lipmerk dalk net handafdruk

2010-12-05 09:35
Tweets Share Share line Print

Rapport

’n Gautengse oud-polisieman en vingerafdruk-deskundige, Koos Bierman, is deur die minister van polisie gevra om in die eissaak van Fred van der Vyver te getuig.

Van der Vyver is op 29 November 2007 vrygespreek van die moord op die Stellenbosse student Inge Lotz. Hy eis nou R46 miljoen van die polisie omdat hy glo “kwaadwillig” vervolg is.

Sy regspan voer aan die polisie het sy vingerafdruk van ’n drinkglas gelig en op ’n DVD-houer “geplant”. Hierdeur, sê die regspan, is die beginsel van regverdigheid in die gedrang gebring.

Die minister van polisie staan Van der Vyver se aansoek teen en vra die hof om die saak met koste van die hand te wys.

Die polisie sê voorts hulle gaan getuienis lewer dat die direkteur van openbare vervolging (DOV) in geen opsig in ’n besluit oor vervolging of die staking daarvan deur enige polisielid met vals verklarings mislei is nie.

Van der Vyver was die afgelope week nie in die hof nie.

Die hof het Donderdag gehoor Bierman het in die 1980’s ’n lid van die “Boere-mafia” help vastrek.

Dít het hy gedoen deur die “velvoue” van ’n wys- en middelvinger op tjeks positief met die verdagte te verbind. Die verdagte het dié tjeks uit sy hempsak gehaal.

Bierman se getuienis het nuwe inligting oor wat “werklik” op die veelbesproke folien 1 (die afdrukke en merke glo van die DVD-houer gelig) is, na vore laat kom.

Bierman moes voor sy hofverskyning folien 1 bestudeer en ontleed, die foto van folien 1 ontleed en ook bepaal of die afdrukke daarop van die oorspronklike DVD-houer afkomstig is. Hy moes ook die “lipmerk” ontleed en alle beweringe ondersoek dat die vingerafdruk nie van die DVD nie, maar van ’n drinkglas gelig is.

Bierman het getuig dat hy vooraf “honderde” proefnemings op ’n soortgelyke DVD-houer gedoen het. Hy het dié “toetse” met “nat” en “droë” lippe op ’n droë glas en later ’n nat glas gedoen. Hy het vier blokkies ys in ’n glas water geplaas en dit tien minute lank laat staan.

In al die toetse is lip- en vingerafdrukke geneem.

Hy kon egter “nie één” afdruk produseer soortgelyk aan die “lipmerk” op die DVD-houer nie.

Ook kon die “lipmerk” nie aan enige lipklassifikasie voldoen nie.

Hy het die “lipmerk” geëien as die merk wat die blou Dermagrip-handskoen van die polisie se vingerafdruk-deskundige moontlik gelaat het toe die DVD-houer tussen die wys- en middelvinger gehou is.

Die “naelmerk” op dié afdruk, het Bierman gesê, is die “duikie” – ’n “vervaardigingskenmerk” – in die handskoen se vingerpunt.

Oor dié “klomp” inligting het adv. Dup de Bruyn, Van der Vyver se regsverteenwoordiger, in die doodsnikke van die sitting heftig beswaar aangeteken. Regter Anton Veldhuizen het De Bruyn saggies gemaan: “Moenie bekommerd wees nie, ons sal daardie brug oorsteek wanneer ons daar kom.”

Uit Van der Vyver se kamp het iemand se opmerking: “Moenie nou al die handskoene uittrek nie,” gedempte lagbuie in die halfleë hof ontketen.

Vroeër die week het Mariaan Booysens (’n voormalige vingerafdruk-deskundige), dr. Linda Liebenberg (forensiese patoloog) en brig. Ruben Botha (vingerafdruk-deskundige) ook getuig.

Bierman getuig Maandag verder.

- Rapport

Lees meer oor: fred van der vyfer  |  inge lotz  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.