Lotto sal vloedslagoffers help
2011-01-27 23:30
Johannesburg - Slagoffers van die onlangse oorstromings gaan 50 miljoen rand van die Nasionale Loteryraad ontvang, het RSG Donderdagaand berig.
Die voorsitter van die raad, Alfred Nevhutamda, sê die geld is 'n toekenning aan die Nasionale Rampfonds met die doel om mense se nood te verlig.
Na bewering is die besluit om vloedslagoffers te help geneem op 'n raadsvergadering in Pretoria.
Die departement van maatskaplike ontwikkeling sê intussen hulle het bystand aan meer as ses-duisend gesinne verleen, waarvan meer as die helfte in Gauteng was.
Volg Nuus24 op Twitter.