Lotter-verhoor uitgestel
2011-03-16 13:45
Durban - Die verhoor van Nicolette Lotter, wat saam met haar broer Hardus tereg staan weens die moord op hul ouers in 2008, is in die Durbanse hooggeregshof finaal uitgestel tot 24 Oktober.
Me. Lotter het kapsie gemaak dat haar grondwetlike reg op 'n regverdige verhoor geskend word omdat die Regshulpraad twee dae voor die verhoor vandag sou begin 'n nuwe prokureur aan haar toegewys het.
Adv. Theuns Botha, wat die afgelope jaar in opdrag van die Regshulpraad aan haar verdediging gewerk het, behartig 'n verhoor in Pongola.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld