‘Los beste grond uit!’

2010-02-24 08:00
Tweets Share Share line Print

Sonja Carstens

Johannesburg – ’n Grondeis is in ’n waterskeidingsbeslissing van die hand gewys omdat die stam wat daarop aanspraak maak, nie die vermoë het om die huidige kosproduksie vol te hou nie.

Die grondeisehof hier het Vrydag ’n eis van die Baphiring-gemeenskap teen die plase van agt grondeienaars buite Koster in Noordwes van die hand gewys. Daar is bevind die hervestiging van die stam is nie uitvoerbaar nie, onder meer omdat die plase op landbougrond met hoë potensiaal is wat intensief bewerk word.

Boonop het adv. E.I. Moosa, wat namens die departement van grondsake opgetree het, in sy slotbetoog toegegee dit is nie binne die regering se finansiële vermoë om die stam suksesvol te hervestig nie.

Dit sou die staat meer as R70 miljoen gekos het om die plase by die grondeienaars te koop. Dit sou na raming nog R210 miljoen gekos het om die 400 huisgesinne van die stam daarop te hervestig en vir toerusting en ander hulpbronne te betaal sodat hulle die boerderybedrywighede op die plase kon voortsit.

Die hof het gehoor dit is nutteloos om kontant aan gemeenskappe te oorhandig om die grond waarop hulle hervestig word, te ontwikkel omdat die gemeenskappe nie die vermoë het om toe te sien dat dit daarvoor gebruik word nie. ’n Amptenaar van die plaaslike grondeisekommissaris het getuig nie een van die 330 hervestigingsprojekte wat hy tans in Noordwes bestuur, is suksesvol nie. Van die gemeenskappe se grootste struikelblokke is ’n gebrek aan geld en vaardighede om boerderybedrywighede voort te sit.

Oordrag van die grond sal ’n negatiewe impak op die “kosproduksie en ekonomiese aktiwiteite” van die hoogs produserende plase hê. Boonop is daar nie ’n nasionale begroting beskikbaar vir spesifiek die hervestiging van die stam in Noordwes nie. Elk van die 400 gesinne sal net R6 595 van die regering vir hervestiging ontvang.

Op die plase word 1 800 kalwers, 5 900 t mielies, 400 t bone, 470 t sonneblomsaad en 1 080 000 liter melk tans per jaar geproduseer.

Boonop is die stam vergoed toe hulle in die 1960’s 80 km van die plase hervestig is. Toe was die plase nog nie kommersieel ontwikkel nie.

Peet Grobbelaar, regsverteenwoordiger van die plaaseienaars, het in die hof aangevoer die stam “sou baie meer kry as wat hulle verloor het”, sou die hof hulle toelaat om hulle op die grond te hervestig.

Grobbelaar het gister gesê die uitspraak het verreikende gevolge vir ander hangende grondeise omdat dit die eerste keer is dat ’n hof bevind die hervestiging van grondeisers is nie uitvoerbaar nie weens die huidige gebruik en produksie van grond.

“Die uitspraak skep ’n presedent omdat die huidige gebruik en produksie van grond wel in ag geneem sal word wanneer daar besluit moet word of hervestiging uitvoerbaar is al dan nie.”

Volgens Grobbelaar dui die uitspraak ook op die algehele versuim aan regeringskant om hervestigingsprojekte doeltreffend te ondersteun.

“In ’n neutedop is die hele grondhervormingsplan ’n mislukking, veral in Noordwes,” het Grobbelaar gesê.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.