Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Lonmin-slagting: Families soek antwoorde

2012-08-17 14:27
Tweets Share Share line Print

Rustenburg – Familielede van mynwerkers wat Donderdag by die Marikana-myn in 'n gewelddadige botsing met die polisie betrokke was, het Vrydag by Lonmin se Andrew Saffy-gedenkhospitaal in die Noordwes saamgedrom om na hulle geliefdes te soek.

Altesaam 34 mynwerkers is dood toe die polisie met skerp ammunisie op stakende werkers geskiet het.

"Ek wens hulle reik 'n verklaring uit wat al die slagoffers se name op het, of sê vir hulle in watter hospitale hulle familielede is, want ons hardloop van bakboord na stuurboord," het Gcobani Tiya, een van die familielede, gesê.

Hy het van Bethal na Rustenburg gery omdat hy geen inligting kon kry nie, het hy gesê.

Hy het gesê dit lyk of die myn inligting vir die media en die polisie gee, maar nie aan die families nie.

'n Beampte van die hospitaal het gesê van die gewondes is na hospitale in Johannesburg, Rustenburg en Pretoria gestuur.

Sy het gesê sy het nie toestemming om met die media te praat nie, en het gevra dat haar naam nie bekendgemaak word nie.

Riah Phiyega, die nasionale polisiehoof, het Vrydag in 'n mediakonferensie bevestig dat die sterftesyfer tans op 34 staan. Meer as 78 mense is ook in die voorval beseer, het sy gesê.

Altesaam 259 mense is in hegtenis geneem vir aanklagte van onder andere openbare geweld, moord, poging tot moord, die besit van gevaarlike wapens en opsetlike saakbeskadiging.

"Dit is nie nou tyd vir blameer en vinger wys nie. Dit is 'n tyd vir ons om te rou. Die polisie moes geweld gebruik om hulself teen die groep te beskerm," het Phiyega gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: lonmin  |  lonmin-slagting  |  stakings  |  sterftes
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jurie Vermeulen sê... Hy wou nie he Staggie moes TV kyk Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Sandton - 15:57 PM
    Road name: Grayston Drive Eastbound
    DELAYS approaching the M1 Interchange
  • Thursday Sunninghill - 15:55 PM
    Road name: N1 Southbound
    DELAYS between Rivonia Road and the William Nicol Drive exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.