Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Moenie vinger wys oor slagting' – polisiehoof

2012-08-17 12:58
Tweets Share Share line Print
Fotogalery - Lonmin-myn ná die skietery
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
 

Kaapstad – Altesaam 34 mense is Donderdag dood in die gewelddadige konfrontasie tussen die polisie en stakende werkers by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg, het die polisie Vrydag in 'n mediakonferensie gesê.

Meer as 78 mense is ook in die voorval beseer, het die polisie bekendgemaak.

Altesaam 259 mense is in hegtenis geneem vir aanklagte van onder andere openbare geweld, moord, poging tot moord, die besit van gevaarlike wapens en opsetlike saakbeskadiging, het Riah Phiyega, die nasionale polisiehoof, gesê. 

"Dit is nie nou tyd vir blameer en vingerwys nie. Dit is 'n tyd vir ons om te rou. Die polisie moes geweld gebruik om hulself teen die groep te beskerm," het Phiyega gesê.

Phiyega het 'n volledige oorsig oor die verwikkelings by die myn oor die afgelope paar weke gegee. Sy het onder andere verduidelik hoe twee polisielede deur mynwerkers doodgekap is, en het meer besonderhede verskaf oor wat Donderdag op die toneel gebeur het.

"Ons het gister [Donderdag] weer 'n groot polisieteenwoordigheid gehad... en ons het skarebeheermaatreëls soos waterkanonne en doringdraad beskikbaar gehad, indien dit nodig sou wees om dit te gebruik.

"Ons het vroegmiddag by verskeie bronne gehoor dat die betogers nie die gebied wil verlaat nie."

Die besluit is daarna geneem om betogers te verjaag en om hulle in kleiner groepies op te breek, wat vir die polisie makliker sou wees om te beheer, het Phiyega verduidelik.

Die groep gewapende betogers is met rubberkoeëls, traangas en waterkanonne verdryf.

"Die gewapende betogers is uit hulle vesting gedryf na 'n beboste gebied. Die polisie het daarna die betogers uit die beboste gebied probeer verjaag."

Dis in dié stadium wat 'n groep betogers op die polisie afgestorm het. Die polisie het volgens Phiyega in reaksie hierop uit selfverdediging geskiet.

Ses vuurwapens is later by betogers afgeneem, het sy gesê.

Die slagting by dié myn in die Noordwes het internasionaal opslae gemaak.

The Guardian, New York Times, Sky News, Denver Post, die BBC, Washington Post, CNN en verskeie ander nuusbronne het oor die slagting berig.

Die aanlyn-ensiklopedie Wikipedia het ‘n bladsy daaroor gepubliseer met verwysings na plaaslike koerante en verslaggewers.

Mense oor die wêreld heen het ook sosiale netwerke soos Facebook en Twitter gebruik om te hul opinies te deel oor wie hulle dink verantwoordelik was vir die bloedbad.

Sommige waarnemers glo die polisie is verantwoordelik en vra waarom skerp ammunisie gebruik is.

Ander blameer die maatskappy omdat hy nie op werkers se versoeke reageer het nie.

Die rand het ook swakker teen die Amerikaanse dollar verhandel ná die voorval. Die rand het teen vroeg Vrydagoggend teen 0,34% swakker op R8,25 teen die dollar verhandel, nadat dit Donderdag teen sluitingstyd in New York op R8,22 gestaan het.

'n Handelaar het gesê hoewel berigte oor die bloedbad baie internasionale dekking geniet sal dit nie 'n langtermyn-uitwerking op die waarde van die rand hê nie.

Swaar gewapende polisiebeamptes het Vrydag die toneel by die Marikana-myn in die Noordwes gepatrolleer.

– Volg Nuus24 op Twitter.

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Kobus Versfeld sê... In Namibië praat hulle deurgans van "Basters" en dis aanvaarbaar. Die Basters van Namibië is trots op hulle naam en herkoms en aanvaar dit so. Wie gaan nou deesdae kan onderskei tussen Koi, San of wat ookal as Sophie (swart ma) en Stephen (wit Pa) twee pragtige gemengde kleur kinders het, wat deesdae al hoe meer gebeur? In die VSA praat hulle van Afro-American, nie van Nigerian-American, of Koi-San-American nie, en dis aanvaarbaar....Dit gaan 'n onmoontlike taak word..PUNT. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.