Lolly as ‘ongeslypte diamant’ gehuldig

2010-05-11 06:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Lolly Jackson was ’n ongeslypte diamant met gewoontes en optredes wat soms, veral as mense hom nie geken het nie, aanstoot gegee het.

Dít is hoe Vincent Marino, vriend en medeskrywer van Jackson se outobiografie, die vermoorde Teazers-ontkleeklubbaas gister by sy begrafnis beskryf het.

Sowat 100 familielede, vriende en werknemers het by die Suidpark-begraafplaas in Germiston aan die Oos-Rand bymekaargekom vir die begrafnis.

’n Bus, gepak met ontkleedanseresse, werknemers en uitsmyters van die klubs, het reeds om 10:30 by die begraafplaas opgedaag en in die wind en herfssonnetjie gesels en sigarette gerook.

Kort ná 11:00 het die stoet by die begraafplaas opgedaag. Jackson se vrou, Demi, en sy drie kinders, Manoli, Samantha en Ju­lian, asook hul vriende het in ’n Hummer agter die lykswa gery.

Die diens, wat deur ’n Grieks- Ortodokse priester gelei is, het skaars 15 minute geduur waarna vriende en familie blomme of sand op die kis gegooi het.

Sy vrou het die Griekse vlag, waarmee sy met gereelde tussenposes haar trane afgevee het, oor die kis gegooi voordat die graf toegegooi is.

Die danseresse was minder aangedaan oor die verlies van hul werkgewer. Die meeste van hulle het onderlangs met mekaar gesels en was eerste om weer in die bus te klim.

“Hy was ’n ‘super guy’ wat die lewe voluit geleef het,” het sy broer Costa ná die begrafnis gesê. “As jong broers was hy altyd daar vir ons. Ons het baie pret gehad, maar was ook gereeld in die moeilikheid.”

Hul ander broer, Michael, dien tans tronkstraf uit in die Polls­moor-tronk nadat hy ’n straatkind in Kaapstad doodgeskiet het.

Sean Newman, woordvoerder van Teazers, het ná die begrafnis gesê die gesin en familie vra nou privaatheid. “Ons het ’n pa, broer, eggenoot en werkgewer begrawe. Gee ons ’n bietjie ruimte,” het hy gesê.

Die familie en Teazers gaan nie meer verklarings uitreik oor die ondersoek nie, het hy gesê.

Jackson is verlede Maandagaand in ’n huis in Edleen, Kempton Park, doodgeskiet.

- Die Burger

- Die Burger

Lees meer oor: lolly jackson  |  teazers  |  sluipmoorde

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.