Loerbroer kom na Loftus

2010-09-30 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Rugbykykers op Loftus Versfeld gaan voortaan deur kameras dopgehou word sodat diegene wat drink, rook, vloek of hulle aan rassistiese gedrag skuldig maak, vasgevat kan word.

Oortreders wat deur enige van die 67 kameras in die stadion betrap word, kan op die groot skerm in die stadion uitgewys word.

Die waarskuwing kom van Barend van Graan, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, wat gesê het oortreders loop die gevaar om nie weer by die Blou Bulle se heiligdom toegelaat te word nie en kan aan die polisie oorhandig word.

Van Graan het toeskouers gister in ’n verklaring daaraan herinner dat Loftus ’n rookvrye stadion is en dat daar riglyne oor ongewenste gedrag bestaan.

Hy het gesê toeskouers wat swak gedrag sien, kan ’n veiligheidswag se aandag trek, die stadion bel of ’n SMS stuur.

“Indien u onderwerp word aan rassisme, viktimisering, dronkenskap of swak taalgebruik neem asseblief die vrymoedigheid om die beheerkamer te kontak by: 012 420 0787 of 076 524 7590 (SMS). Gee asseblief besonderhede van u sitplekkaartjie deur,” het hy gesê.

Volgens hom was daar nie ’n spesifieke geval wat tot dié optrede gelei het nie.

“Ons was wel bewus van voorvalle oor ’n lang tyd en wil dit nou uitskakel. Ons verkoop seisoenkaartjies aan skoliere en jong geesdriftiges en hulle verdien ook nie sulke gedrag nie,” het Van Graan gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.