Locnville glo deur polisie aangeval

2011-06-09 08:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die gewilde Suid-Afrikaanse musiekduo Locnville is woedend nadat hulle glo by 'n vulstasie in Claremont deur die polisie aangerand is.

Andrew Chaplin beweer hy en sy tweelingbroer, Brian, het Donderdagoggend saam met 'n vriend by die vulstasie gestap toe hulle deur 'n groep mense beledig is wat nie van hul musiek hou nie.

Die sanger het erken dat hulle gedrink het, maar sê hulle het nie die polisie uitgelok nie.

"Iemand het iets onvanpas aan ons gesê en om een of ander rede het die polisie ons gevolg, in die middel van die pad afgetrek en aangeval. Daarvoor kan ek nie staan nie," het Chaplin gesê.

Hy het gesê die polisie het sy broer met pepersproei gespuit en sy vriend se neus gebreek.

Chaplin het gesê beamptes by die Claremont-polisiekantoor wou hom nie toelaat om 'n formele klag in te dien nie.

"Ons het die polisiekantoor gebel en 'n formele klag probeer indien, maar hulle het verskeie kere die foon neergesit."

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie Donderdagoggend 'n oproep van 'n lid van die publiek ontvang.

Traut het die persoon as "duidelik onder die invloed van alkohol" beskryf.

"Ons het 'n oproep van 'n lid van die publiek ontvang wat beweer hy is aangerand deur die polisie. Ons het hom aangemoedig om na vore te kom en die saak aan te meld."

Traut het gesê die polisie kan nie verder kommentaar lewer of die identiteit van die persoon bekend maak voor die mans wat vermoedelik aangerand is, 'n klag by die polisie ingedien het nie.

Lees meer hier

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: locnville  |  misdaad  |  sapd  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.