Lindley-plaasmoord: Saak weer uitgestel
2010-12-13 17:03
Bloemfontein – Die saak teen ses mans wat aangehou word in verband met die moord op die Potgieter-gesin, is Maandag in die Lindley-landdroshof tot 15 Desember uitgestel.
Sers. Mmako Mophiring, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die saak is in camera aangehoor weens die teenwoordigheid van 'n minderjarige.
"Slegs die familie van die minderjarige en die familie van die slagoffers is in die hof toegelaat."
Die saak is uitgestel vir al die mans om regsverteenwoordiging te kry en die borgtogverhoor kan begin.
Sommige van die beskuldigdes het voorheen aangedui dat hulle hul eie verdediging sal behartig.
Attie Potgieter, sy vrou, Wilma, en hul dogter, Willemien (3) is op hul plaas vermoor.
Dit lyk of Potgieter gesteek is, terwyl sy vrou en dogter geskiet is.
Die ses bly in aanhouding tot hul volgende verskyning.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA