Lindley-moordenaars gevonnis
2011-07-25 09:08
Bloemfontein - Die vyf mans wat skuldig bevind is van die moord op die Potgieter-gesin van Lindley word Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis.
Vusi Khumalo, Tshokolo Letlala, Teleko Seekoei en Diphapang Motaung is almal skuldig bevind op drie aanklagte van moord, terwyl Stemmer Mofokeng slegs op een moordklag skuldig bevind is.
Attie Potgieter, sy vrou Wilna en hulle tweejarige dogtertjie Wilmien is deur die mans verlede jaar op hulle plaas Tweefontein vermoor. Regter George Wright het gesê dit is duidelik dat Khumalo die meesterbrein agter die moorde was.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter