Lindley-moord: Verdagte SMS met dooie se foon

2011-06-02 08:17
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Enkele ure nadat die Potgieter-gesin van Lindley op die plaas Tweefontein vermoor is, het een van hul vermeende moordenaars die selfoon van Wilna Potgieter gebruik om ’n SMS-boodskap mee te stuur, is Woensdag in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

Minstens twee van die ses beskuldigdes wat van die moorde op 1 Desember verlede jaar op die plaas Tweefontein aangekla word, word met DNS-toetse van bloed van Attie Potgieter wat op hul klere gekry is, verbind.

Die staat sal sy saak in dié moordverhoor voor regter G.F. Wright waarskynlik vandag sluit wanneer die ondersoekbeampte, speurder-ao. Danie Bierman van die eenheid teen georganiseerde misdaad op Phuthaditjhaba, se getuienis afgehandel is.

Bierman het Woensdag getuig volgens die selfoonstate wat hy van die Potgieter-egpaar se selfone en twee van dié van die beskuldigdes gekry het, het Telleko Seekoei om 21:09 op 1 Desember met sy eie simkaart in mev. Potgieter se selfoon ’n SMS-boodskap gestuur.

Hy het ook die volgende oggend net voor 06:00 twee keer na die selfoon van Vusi Khumalo gebel. Mev. Potgieter se selfoon is ook aan Seekoei gekry toe hy in hegtenis geneem is.

Dié selfoonnommer van Khumalo, ’n plaaswerker op Tweefontein, was op mnr. Potgieter se naam geregistreer en dus ’n werkfoon wat hy by hom gehad het.

Bierman het ook getuig bloed op die baadjie en skoene van Diphapang Motaung word met die DNS van mnr. Potgieter verbind.

Bloed aan ’n pistool wat op die werf waar Motaung woon in ’n sak gekry is, word ook met mnr. en mev. Potgieter verbind.

Op die klere, wat luidens getuienis aan Seekoei behoort, is ook bloed gekry wat met mnr. Potgieter verbind word.

Op ’n panga, wat gekry is op die dak van die huis waarin Khumalo op Tweefontein gewoon het, is bloed gekry wat met mnr. Potgieter en sy dogtertjie, Wilmientjie (2), verbind word. Hy het getuig aan die sleutels van mnr. Potgieter se Nissan-werkbakkie wat in mev. Potgieter se handsak gekry is, was bloed van mnr. en mev. Potgieter.

Kapt. Renier Schutte van die polisie op Bela-Bela wat Seekoei op 4 Desember vergesel het toe Seekoei op die plaas gaan uitwysings doen het, het getuig Seekoei het aan hom gesê hulle was twee dae voor die tyd al op Tweefontein by Khumalo se huis en het “beplanning gedoen”.

Die dag van die aanval was hy en Motaung in ’n buitekamer en het deur ’n venster gekyk hoe die bakkie op die plaas aankom.

Terwyl hulle daar gewag het, het ’n beseerde man om die hoek gekom. Tshokolo Lelale het hom met ’n vurk (tuinvurk) gesteek en toe weggehardloop.

“Ek en Mopapa (Motaung) het die blanke man toe in die kamertjie ingebring en was besig om hom vas te maak en geld te eis, toe ons twee skote hoor. Ons het gedink dit is bure wat kom help. Ons het niks gesien nie,” het Seekoei aan hom gesê.

Regter Wright het die uitwysings voorlopig toegelaat. Seekoei ontken dat hy dit gesê het en dat hy vrywillig die uitwysings gedoen het.

Die vier vermeende moordenaars en Stemmer Mofokeng en Klaas Mofokeng ontken dat hulle die Potgieter-gesin vermoor het.

Adv. Jannie Botha tree vir die staat op. Advv. Pieter Nel, Lawrence Tshabalala, Oupa Makhene, Chris Gerber en Leona Smit tree vir die beskuldigdes op. Prof. Rita-Marie Jansen staan regter Wright as assessor by.

Die verhoor duur voort.

- Volksblad

Lees meer oor: lindley  |  plaasmoorde  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.