Lindley-moord: Plaaswerkers het glo getwyfel

2011-06-01 07:11
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Twee van die plaaswerkers van Attie Potgieter van Lindley het ernstig begin twyfel oor die plan om hul werkgewer vir die geld in sy kluis te vermoor, blyk uit ’n verklaring wat Dinsdag in die Vrystaatse hooggeregshof uitgelees is.

Dit blyk ook uit die verklaring van Stemmer Mofokeng (22), een van die ses beskuldigdes in die moordverhoor, dat hy en twee van die ander plaaswerkers langer as ’n week voor 1 Desember verlede jaar al gepraat het oor die moontlikheid om Potgieter te vermoor.

In die verklaring wat voor landdros Estrelita von Maltitz van Bethlehem afgelê is, sê Mofokeng toe Vusi Khumalo met hom en Klaas Mofokeng oor die beplande moord gepraat het, het hulle saamgestem.

Toe Khumalo weg is, het hulle weer daaroor gepraat en toe nie meer saamgestem nie. Hulle het twee dae later vir Khumalo gesê dit is beter om dié plan te los.

Later toe hy en Khumalo weer gepraat het, was hy (Mofokeng) onwillig om deel te neem, maar Khumalo het aangedring om dit te doen.

Die middag van die skietery het hy in die blomtuin van die plaasopstal van Tweefontein gewerk. Toe hy die honde hoor blaf en opkyk, sien hy die drie mans wat van Khumalo se huis af na die opstal loop.

Tshokolo Lelala was met ’n panga gewapen. Telleko Seekoei het ’n vuurwapen in sy hand gehad. Hy het die derde man nie geken nie.

Hy het toe van Khumalo se planne onthou en na ’n pakhuis weggehardloop.

“Ek het gedink dit sal nie eens help om hulle te keer nie, want hulle kan my ook doodmaak.” Hy en die ander twee werkers is in ’n trekkerskuur in. Mnr. Potgieter was op pad na sy huis toe en het langs Khumalo se huis verby gery.

Toe het hulle ’n skoot uit ’n vuurwapen gehoor en iemand het gehuil. Hulle het by ’n venster gestaan en kyk wat aangaan.

“Attie het hardlopend in die rigting van die stoor gekom en Telleko en Tshokolo het hom gejaag. Attie was toe gesteek deur Telleko en Tshokolo het hom met die panga gekap.

“Attie het toe vir Tshokola gegryp en hom op die grond vasgedruk en hulle het baklei (gestoei) oor die panga.

“In hierdie proses was Telleko besig om vir Attie met die mes te steek. Attie het toe vir Tshokolo gelos en vir Telleko gekyk.

“Daarna het Telleko hom gesteek en Tshokolo het hom gekap. Hulle het wegbeweeg na die skaapkraal.”

Hy sê ook in sy verklaring: “Telleko het vir ons gesê dat Attie se vuurwapen is die vuurwapen wat die kind en ’n vrou doodgeskiet het. Tshokolo het vir ons gesê dit is Telleko wat hulle geskiet het.”

Die drie plaaswerkers, Lelala, Seekoei en Diphapang Motaung, ontken voor regter G.F. Wright dat hulle Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul dogtertjie, Wilmientjie (2), op 1 Desember verlede jaar op die plaas Tweefontein beroof en vermoor het.

Adv. Jannie Botha tree vir die staat op. Advv. Pieter Nel, Lawrence Tshabalala, Oupa Makhene, Chris Gerber en Leona Smit tree vir die beskuldigdes op. Die verhoor duur voort.

- Volksblad

Lees meer oor: lindley  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
58 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.