Lindley-meisie 'moes sterf'

2011-06-08 07:52
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die kleine Willemientjie Potgieter (2) van Lindley is doodgeskiet omdat sy haar pa se plaaswerkers op die moordtoneel gesien en by name geken het.

Só het adv. Jannie Botha, namens die staat, dit Dinsdag in die Vrystaatse hooggeregshof aan een van haar vermeende moordenaars gestel.

Vusi Khumalo (23) het voor regter G.F. Wright ontken dat hy die middag van 1 Desember verlede jaar op die werf van die plaas Tweefontein was waar Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en Willemientjie vermoor is.

Khumalo het bevestig dat mnr. Potgieter na hom geroep het terwyl hy aangeval is.

Botha: “Want hy het u gesien. Hy wou hê u moet hom kom help.”

Khumalo het dít ontken. Hy was saam met die ander twee plaaswerkers, Stemmer Mofokeng en Klaas Mofokeng, in ’n pakhuis sowat 145 m weg van die plaasopstal, van waar hy deur ’n venster die aanval op sy werkgewer dopgehou het.

Botha het dit aan hom gestel dat hy en die ander twee plaaswerkers saam met die ander drie beskuldigdes op die werf was toe die Potgieters aangeval is.

Khumalo het ontken dat hulle ses saamgesweer het om die Potgieters te vermoor. Hy het getuig hulle het net saamgesweer om te roof.

Hy weet nie wie in die huis geskiet het nie waar mev. Potgieter en Willemientjie se lyke in ’n spaarkamer met koeëlwonde gekry is nie. “Ek was nie daar nie.”

Hy het bevestig dat Willemientjie daar op die toneel nie vir hulle enige gevaar ingehou het nie, maar sy het vir hom en die twee Mofokengs by name geken.

Botha het aan hom gestel dat “klein Willemien” vir hom, die twee Mofokengs en Tshokolo Letlala, sy swaer, daar gesien het. “Dit is hoekom sy uit die weg geruim moes word.”

“Dis die enigste rede hoekom die kind geskiet is, want sy het julle daar gesien.”

Hy het dit ontken en ook gesê hy weet nie met watter vuurwapen Willemientjie en haar ma geskiet is nie.

Khumalo het Dinsdag getuig die plan waarop hul ses ooreengekom het, was dat hulle die Potgieters sou aanhou en vashou. Mnr. Potgieter sou vasgehou en vasgemaak word. Mev. Potgieter sou dan gedwing word om die huis en die kluis oop te sluit en vir hulle die geld te gee.

Willemientjie was te klein. Dit sou nie nodig wees om haar vas te bind nie.

Botha: “En as hulle nie saamwerk nie, wat gebeur dan?”

Khumalo: “Ek kan nie antwoord nie. Ek sal nie weet nie.”

Letlala het Dinsdag getuig hy was dié dag op die plaas en het die vorige aand daar oorgeslaap, maar hy was nie teenwoordig toe die moorde en rooftog gepleeg is nie. Hy weet daar niks van nie en het ook nie saamgesweer daartoe nie.

In kruisondervraging deur Chris Gerber, vir Stemmer Mofokeng, het Letlala getuig sy medebeskuldigdes wat beweer hulle het hom met ’n panga in die hand agter Potgieter aan gesien, lieg.

Terwyl hulle in die Grootvlei-tronk sit, bespreek hulle ook nie die saak nie.

Gerber: “So, julle is nou al ses maande daar in die tronk en julle vra nie hoekom nie?

Letlala: “Ek weet niks.”

Gerber: “Ek dink u sal in die volgende 25 jaar in die tronk uitwerk wat gebeur het.”

In kruisondervraging deur adv. Oupa Makhene, vir Khumalo, het Letlala getuig sy vars palmafdruk wat op ’n deurkosyn van ’n buitekamer by die plaasopstal gekry is, het hom baie verbaas, want hy was nog nooit daar nie. Hy het net daar naby verby gestap.

Botha het dit later aan Letlala gestel dat hy daar was toe die Potgieters vermoor is. “Dit is hoe u afdruk daar gekom het. U was saam met u medebeskuldigdes daar toe die moorde gepleeg is.”

Adv. Pieter Nel tree vir Letlala en Telleko Seekoei op en adv. Lawrence Tshabalala tree vir Klaas Mofokeng op. Leona Smit tree vir Diphapang Motaung op. Die verhoor duur voort.

- Volksblad

Lees meer oor: lindley  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
112 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.