Lindley: 'Vrou moes kluis oopmaak'

2011-06-07 18:58
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ‘n Beskuldigde in die moordverhoor van die Potgieter-gesin – wat op hul plaas by Lindley vermoor is – het Dinsdag getuig die plan was om die boer se vrou sover te kry om die huis en die kluis tydens die rooftog oop te maak.

Paulus Khumalo het onder kruisondervraging deur die staat in die Bloemfonteinse Hooggeregshof getuig dié wat die rooftog uitgevoer het, moes eintlik die boer Attie Potgieter aanhou terwyl sy vrou aangesê sou word om die huis en die kluis oop te maak.

“Ek kan nie antwoord nie,” het Khumalo gesê toe Jannie Botha, staatsaanklaer, hom gevra het wat die plan was indien die boer en sy vrou nie saamgewerk het tydens die rooftog nie.

“Hoekom nie? Jy kan beter doen as dit,” het Botha aan Khumalo gesê.

“Ek weet nie,” het Khumalo deur middel van ‘n tolk gesê.

Khumalo en vyf ander mans, tussen die ouderdomme van 18 en 33, word daarvan beskuldig dat hulle die boer, sy vrou Wilna Potgieter en hul twee maande oue dogtertjie, Wilmien, op 1 Desember 2010 vermoor het.

Khumalo het getuig hy het niks gedoen terwyl hy gesien het hoe twee ander beskuldigdes met Potgieter baklei het nie, al was die boer vol bloed.

Khumalo het gesê die plan was net om die paartjie te vermoor en dat die plan “glad verloop het” in ‘n stadium.

“Geen plan, geen plan om dood te maak nie,” het hy getuig oor die rede waarom daar ‘n vuurwapen teenwoordig was.

Khumalo het bevestig dat die kind hom en die twee ander plaaswerkers wat van die moord beskuldig word, sou ken.

Hy het egter die staat se aantyging dat die kind doodgemaak is sodat hulle nie uitgeken kan word nie, ontken.

“Daar was geen rede nie. Vra die een wat dit gedoen het,” het Khumalo geantwoord.

Khumalo se verdediging is Dinsdag afgesluit, terwyl nog ‘n beskuldigde, Tshekolo Letlala, deur sy regsverteenwoordiger geroep is om in sy eie verdediging te getuig.
   
Letlala het gesê hy was op die plaas die nag van die moord, maar hy weet niks van die voorval nie.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.