Limpopo-premier: ANC moenie 'fokus verloor'
2012-01-29 14:27
Polokwane – Cassel Mathale, premier van Limpopo, het op ANC-lede in dié provinsie se provinsiale regering 'n beroep gedoen om nie hul fokus te verloor weens die feit dat vyf van die provinsie se departemente nou onder nasionale administrasie geplaas is nie.
"Hierdie moet nie die fokus verplaas van die verbintenis wat ons gemaak het op die mandaat wat aan ons gegee is nie," het hy by die party se provinsiale lekgotla in Polokwane gesê.
"Ons het 'n plig om hierdie stand van sake om te keer en om 'n positiewe uitkoms teweeg te bring.
"Dit maak nie saak hoe min ons van hierdie realiteit hou, of hoe onregverdig dit vir ons lyk nie, dis ons plig as leiers van hierdie provinsie om ons mense te beskerm."
Mathale het 'n beroep op partylede gedoen om te verseker dat die regering van Limpopo weer beheer oor dié vyf departemente kry.
"Hulle moet hulle gedra op 'n manier wat sal verseker dat hierdie situasie vinnig opgelos word."
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA