Limpopo kies Motlanthe
2012-12-06 12:06
Polokwane – Limpopo het adj.pres. Kgalema Motlanthe Donderdag by sy provinsiale kongres vir die presidentskap van die ANC benoem.
Motlanthe het met 'n oorweldigende meerderheid gewen, terwyl pres. Jacob Zuma slegs sewe stemme gekry het.
Mathews Phosa, die huidige tesourier van die ANC, is as adjunk benoem, terwyl die minister van sport, Fikile Mbalula, benoem is vir die posisie van sekretaris-generaal.
Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings, is benoem as tesourier, en Thandi Modise, premier van die Noordwes, is benoem as nasionale voorsitter. Thenjiwe Mtintso, 'n voormalige adjunksekretaris van die ANC, is weer tot dié posisie benoem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA