Limpopo-boer en vrou se lyke verkool in kar gekry

2010-12-19 06:57
Tweets Share Share line Print

’n Dag nadat ’n egpaar van ’n wilds­plaas buite Thabazimbi in Limpopo hul Kersinkope saam met hul drie dogters in Rustenburg gedoen het, is hul lyke in die bagasiebak van hul uitgebrande Land Cruiser-stasiewa gevind.

Die vrou het nog die vorige dag haar ma, Doll Bosch, se 74ste verjaardag gevier.

Casper Aucamp (55) en sy vrou, Daleen (52), is Woensdagaand vermoedelik kort ná hul terugkeer op hul plaas, Vandas, oorval en vermoor terwyl hulle besig was om die Kersgeskenke af te laai.

Aucamp se gereedskapskis, wat hy altyd agterin die voertuig vervoer, en ’n plas bloed by die ingang van die huis dui daarop dat die egpaar pas by die huis ingestap het toe hulle aangeval is.

Hul lyke is eers Donderdagoggend in die bagasiebak van hul uitgebrande voertuig op ’n verlate grondpad sowat 25km buite Dwaalboom gevind.

“Toe hulle nie oudergewoonte bel om te laat weet hulle is veilig by die huis nie het ons onraad begin vermoed,” sê hul jongste dogter, Leonie Mans (24).

Sy en haar suster Mandie Prodehl (32) het ’n buurman gebel om te gaan ondersoek instel, maar die plaashekke, huisdeure en vensters was glo gesluit.

Mans en Prodehl het self na die plaas uitgery en die tuinwerker gevra waar hul ouers en hul voertuig is.

Volgens Mans het hy glo gesê dat haar ouers voer in Dwaalboom gaan koop het.

“’n Familievriend het ons daarna gebel en gesê daar is ’n uitgebrande Cruiser op ’n grondpad buite Dwaalboom gevind,” sê Prodehl.

Met hul aankoms op die toneel was die polisie reeds met ’n ondersoek besig.

“Ons het dadelik gesien dit is ons ouers se voertuig, maar die polisie het ons eers later die middag gebel en ingelig dat daar twee verkoolde lyke in die kattebak gevind is.”

Die susters het hul ouers uitgeken deur hul juwele te identifiseer.

“Die polisie sê dit lyk darem of hulle reeds dood was toe die brand begin het,” sê+Mans.

Die saak is deur die Dwaalboom-polisie bevestig, maar hulle wil in dié stadium geen verdere inligting bekend maak nie.

“Ons het wel ’n plas bloed by die huis­ingang gekry, maar het nog nie bevestig aan wie dit behoort het nie en nog geen verdagtes is aangekeer nie,” het ’n polisiebeampte gesê.

Hulle wou geen kommentaar lewer oor Mans se opmerking dat bebloede klere en ’n mop in die tuinwerker, wat nou vermis word, se kamer gekry is nie.

Niks is uit die huis gesteel nie en die ondersoek duur voort.

Die Aucamp-egpaar word ook deur hul ander dogter Linda Botes (29) en twee Prodehl-kleinkinders, Marlie (6) en Antoinette (5), oorleef.

Botes het Vrydagaand op haar Facebook-profiel geskryf:

“Trane loop en die verlange om te weet jy gaan nooit weer jou ma en pa sien nie en nooit weer kan sê mams, paps, i love u.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: limpopo  |  verkool  |  plaasmoorde  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.