Ligte weer aan in Pretoria
2011-03-24 11:04
Pretoria - Tegniese spanne het die kragtoevoer na die meeste gebiede in Pretoria op 'n rotasiebasis herstel, het die Tshwane-metroraad Donderdag gesê.
"Die stad se tegniese spanne het die elektrisiteitstoevoer op die 11 kV-netwerk reggestel en die meeste elektrisiteitsverbruikers het weer krag," het Console Tleane, 'n woordvoerder, gesê.
Beurtkrag sal toegepas word tot die regte kabels geïnstalleer is.
Die kragonderbreking is veroorsaak deur 'n fout op die 132 kV-netwerk, het Tleane gesê.
'n Kragonderbreking het Woensdag die sentrale sakekern en die nywerheidsgebied in Pretoria-Wes geraak. Dis dieselfde gebiede wat verlede week vir meer as vier dae sonder elektrisiteit moes klaarkom.
Inwoners is gevra om soveel as moontlik toestelle af te skakel, en om alle elektriese toestelle met sorg te hanteer.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA