Ligte sneeu in Jhb
2011-07-29 12:10
Johannesburg – Ligte sneeuval het Vrydagoggend in Johannesburg voorgekom nadat die onlangse weer chaos in sekere dele van die land veroorsaak het.
Volgens Karl Loots, 'n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse weerdiens, sê die sneeu is deur ‘n swakker kouefront wat die land Woensdagaand getref het, veroorsaak.
Loots sê geen sneeu word vir die res van die dag voorspel nie.
“Dis baie lig... Niks word vir die res van die dag voorspel nie,” het hy gesê.
Luidens berigte het dit in Aucklandpark, Northcliff, Benoni en Boksburg gesneeu.
– Is jy in die omgewing? Stuur ons jou foto’s na fotos@nuus24.com
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA