Ligte skudding in Johannesburg gevoel
2010-08-27 00:44
Johannesburg – ‘n Aardskudding is Donderdagaand in dele van Johannesburg gevoel.
Dit kon kort na 21:00 in onder andere Greenside, Melville en Kensington gevoel word.
“My vensters het geskud. My honde het begin blaf. Geen huis-alarms het afgegaan nie,” het Carol Hills van Melville gesê.
“Hierdie aardskudding moet deur die hoogste gesag van die regering ondersoek word. Dit moes Cosatu-stakers gewees het,” het Mabine_Seabe op Twitter geskryf.
Die skudding is nie so ver as Benoni en Soweto gevoel nie.
Volgens die raad vir Geowetenskap se webwerf was die laaste aardskudding Dinsdag op die ver Wesrand en het dit 2,7 op die Richterskaal gemeet.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA