Libië-besoek skaad Zuma se beeld

2011-06-02 07:07
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Pres. Jacob Zuma se mislukte bemiddelingspoging om ’n einde aan die burgeroorlog in Libië te maak het sy beeld in die Weste nie goed gedoen nie. Inteendeel, dit het hom aansienlik negatiewe publisiteit besorg.

Die meeste koerante in Europa en Amerika het in feitelike berigte daarop gewys dat Zuma se sending na Tripoli misluk het. Maar ’n ernstige dagblad soos die Frankfurter Allgemeine berig Woensdag dat Zuma kol. Muammar Gaddafi politieke asiel in Kaapstad aangebied het.

Op grond van “hardnekkige gerugte in Suid-Afrika” berig die blad dat Zuma ook “regsbystand” aangebied het “vir ingeval daar ’n aanklag voor die Internasionale Strafhof in Den Haag kom”. En indien hy in Suid-Afrika is wanneer die klag ingedien word, sal die Suid-Afrikaanse regering hom ook regsbystand verleen.

Die koerant skryf verder: “Uit ANC-kringe word verneem dat hulle Gaddafi ‘iets skuld’. Immers het die Libiese leier aansienlik tot die finansiering van die ANC gedurende die stryd teen die Suid-Afrikaanse apartheidsregime bygedra.”

Verskeie koerante het berig dat Zuma die lugaanvalle op Libië skerp gekritiseer het.

Le Figaro (Parys) het selfs berig dat Zuma die skuld van die mislukking van sy sending op Navo gepak het. Die feit dat hy toestemming van Navo moes kry om na Tripoli te vlieg, sou glo die gesag van die Afrika-Unie (AU) ondermyn het.

Sulke beriggewing is sleg vir Zuma en Suid-Afrika se beeld, aangesien daar wye konsensus in Frankryk en die meeste Europese lande bestaan oor die afkeurenswaardige aard van die Gaddafi-regime.

In Londen het die konserwatiewe Daily Telegraph in ’n hoofartikel openlik geskryf Zuma is die verkeerde persoon om te bemiddel.

“Die probleem is dat hy ’n bevooroordeelde bemiddelaar is, en die tydsberekening van sy besoek val saam met Navo-uitsprake oor ’n finale afrekening. Die bande tussen kol. Gaddafi en mnr. Zuma gaan terug na die 1980’s, toe die Libiese leier geld en wapens gelewer het aan die ANC in sy stryd teen apartheid.

“Nelson Mandela het die guns vergoed deur te pleit vir die opheffing van sanksies teen Libië wat ná die Lockerbie-bomaanslag ingestel is.”

Die koerant sê vir die rebelle kan Zuma geen eerlike bemiddelaar wees nie, en die rebelle wantrou die AU weens die aanwesigheid van Afrika-huursoldate in Gaddafi se leër. “Die president moes sy les geleer het toe sy vroeëre bemiddelingspoging in April van die hand gewys is.”

- Volksblad

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  jacob zuma  |  libië

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.