Lewenslange tronkstraf vir moord op werkgewers

2010-04-08 01:42
Tweets Share Share line Print

Pietermaritzburg – Muntukayise Ngubane, ‘n voormalige werknemer by ‘n hotel, is met lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy werkgewers Siegfried Schadle (68) en sy vrou Ingrid (64).

Alhoewel Ngubane nie die paartjie geskiet het nie, het regter Kate Pillay en haar bysitters hom in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof skuldig bevind aan die moorde.

Ngubane het erken dat hy beplan het om die eienaars van die Wartburger Hof te beroof, maar het glo vir sy bendelede gesê dat dit nie nodig sal wees om die Schadles te skiet nie, aangesien hulle nie weerstand sou bied nie.

Die hof het sy argument verwerp en Pillay het gesê Ngubane is ‘n leuenaar.

Ngubane het ‘n rowery beplan wat tot die paartjie se dood op 27 November 2007 gelei het.

Sy mede-beskuldigde Funokwakhe Nwane (35), ook van Durban, is vrygespreek van al drie klagtes.

Ngubane het die hotel in Januarie 2007 verlaat weens ‘n argument oor die verdwyning van vleis.

Volgens bewyse in die hof was Siegfried in die eetkamer toe hy Ingrid hoor skree het nadat ‘n geweer op haar gerig is.

Hy het na haar toe gehardloop en die bendelid probeer gryp.

Siegfried is toe deur hom in die kop geskiet. Ingrid is in die bors geskiet nadat sy die paniekknoppie probeer druk het.

Ngubane het ses kinders by drie vroue.

- Sapa
 

Lees meer oor: misdaad  |  moord

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.