Leonard Chuene-bekentenis: Sê jou sê
2009-09-21 08:46
Johannesburg - Verskeie politieke partye het dié naweek geëis dat die atletiekbaas Leonard Chuene se kop moet waai nadat hy vir die regering, die land en die internasionale gemeenskap oor die Caster Semenya-debakel gelieg het.
Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), se erkenning die naweek dat hy leuens verkondig het oor die feit dat Semenya in Augustus vanjaar reeds geslagstoetse in Suid-Afrika ondergaan het, is met woede reg oor die politieke spektrum begroet.
Politieke partye het Chuene en ASA se hantering van die Semenya-sage as “walglik”, “chauvinisties”, “gevoelloos” en “selfsugtig” beskryf. Hulle was dit eens dat Chuene en sy luitenante se optrede die land se naam deur die modder gesleep het.
Kyk hieronder na 'n video van Chuene se omstrede bekentenis, en lewer kommentaar oor die debakel in die kommentaar-blok.
Lees die oorspronklike berig hier