Leon, Balfour word diplomate
2009-08-03 09:09
Die voormalige opposisieleier Tony Leon en die vorige ministers Zola Skweyiya en Ngconde Balfour is in lyn om as diplomate vir Suid-Afrika aangestel te word.
“Leon, Skweyiya en Ngconde sal vanaf Maandag opgelei word om as diplomate vir die land aangestel te word,” het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (voorheen buitelandse sake) gesê.
Balfour is die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling.
“Die opleiding wat die kandidate ontvang sal hulle voorsien van die nodige kwalifikasies om hulle take te verrig,” het die departement gesê.
Die Sunday Times het Sondag anonieme bronne aangehaal wat gesê het dat Leon na Argentinië oorgeplaas word en Skweyiya na Brittanje.
–Sapa