Lekota wil ‘twee Cope-gebiede’ hê

2010-12-12 06:44
Tweets Share Share line Print

Die Cope-leierskapstryd raak venynig kort voor die nasionale kongres Woensdag in Pretoria begin, en die moontlikheid van sy eerste slagoffer van politieke geweld staar die party in die gesig.

Mbhazima Shilowa, adjunkleier van Cope, het gister uitgevaar teen Mosioua Lekota en sy ondersteuners, wat Vrydag ’n amptelike én billike skeuring voorgestel het.

Volgens die voorstel het Smuts Ngonyama en Lyndall Shope (Lekota-ondersteuners) gesê hulle is bereid om die lyn netjies te trek met Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap vir Lekota, en Gauteng, die Vrystaat, die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Noordwes vir Shilowa.

Shilowa het gesê die voorstel is uiters vreemd omdat hy en sy ondersteuners gedink het Lekota-hulle berei steeds voor vir ’n leierstryd tydens die nasionale kongres.

“Terwyl ons altyd vermoed het hulle is bang vir ’n demokratiese proses, het hulle ons hul woord gegee hulle sal by die kongres wees,” het hy gesê.

Te midde van heen-en-weer aantygings is ’n vrou en haar man Vrydagaand in die township Alexandra geskiet, na bewering omdat sy nie ledelyste wou verander nie.

’n Vriend na aan die gesin het gister aan Rapport gesê die vrou, net bekend as Conny, is nou tuis, maar dat haar man nog in die hoësorgeenheid in ’n Johannesburgse hospitaal is.

Phillip Dexter, nasionale woordvoerder van Cope, het gesê hy is bewus van die saak en dat politieke motiewe vermoed word.

Sipho Ngwema, Shilowa se woordvoerder, het gesê hulle sal die polisie vertrou in hul ondersoek na die beweerde politieke geweld.

Dexter het gewys op die kwessie van verskille en waardes wat húl lede onversoenbare verskille noem.

“Ons lede wil mense hê wat verantwoordelik is met geld en hy (Shilowa) is nie,” het Dexter aan Rapport gesê.

Shilowa het die afgelope week skorsing vrygespring toe sy tugverhoor tot Februarie volgende jaar uitgestel is. Die klag teen hom is juis oor wanbestuur van die party se geld.

“Lekota-hulle weet hulle gaan nie sukses behaal met hul MDC-plan nie. Die voorgestelde opdeling van die land is net nog ’n oefening om die wiele te laat afkom voor die kongres,” het Ngwema gesê met verwysing na die Zimbabwiese Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), wat volgens grenslyne geskei het.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.