Lekota se interdik hou Shilowa uit parlement

2011-02-14 08:36
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Mosiuoa Le­kota het ’n interdik in die Johannesburgse hooggeregshof teen sy politieke vyand Mbhazima Shilowa bekom om dié te verhinder om vir ’n maand die parlement te betree.

Intussen is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vasgestel dat Lekota regtens die leier van Cope is.

Phillip Dexter, Lekota se woordvoerder, het bevestig die interdik is Vrydagaand toegestaan.

Lekota het ook, volgens Dexter, ’n brief van die parlement ontvang wat hom, eerder as Shilowa, as die leier van dié party beskou.

Dit kom nadat Lekota vroeër die week die parlement ingelig het hy het Shilowa as lid van dié party geskors. Dit sou beteken Shilowa is ook nie meer ’n parlementslid nie en dit sou hom verhinder het om die opening van die parlement by te woon.

Omdat Shilowa egter teen sy skorsing appelleer, het Max Sisulu, speaker, gesê die parlement sal nie optree totdat “die nodige klarigheid” (oor die leierstryd tussen Lekota en Shilowa) gekry word nie.

Shilowa en Lekota het toe Donderdagaand langs mekaar gesit toe pres. Jacob Zuma sy staatsrede gelewer het. Hulle het egter oogkontak vermy en mekaar glo nie eens gegroet nie.

Dexter het gesê die onduidelikheid oor Cope se leierskap sal binnekort eindig. “Lekota is regtens die leier van Cope (op papier),” het Dexter volgehou.

Kate Bapela, OVK-woordvoerder, het bevestig Lekota is “by die OVK as leier van die party geregistreer”.

Adv. Pansy Tlakula, verkiesingshoof, het Saterdag op ’n byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) in Kaapstad gesê die OVK sal met dié partyleier en -beamptes saamwerk wat by hom geregistreer is.

Tlakula meen die twee strydende faksies kan probleme veroorsaak in die komende munisipale verkiesing, wat na verwagting in middel Mei sal plaasvind.

Shilowa gaan sy skorsing en dié interdik sterk teenstaan, het sy woordvoerder, Sipho Ngwema, gesê.

“Die interdik sê net hy mag nie die parlement bywoon nie, dit sê nie hy is nie meer ’n parlementslid nie.”

Shilowa maak steeds daarop aanspraak hy is op Cope se mislukte leiersverkiesing in Desember tot wettige leier van dié party verkies. Shilowa meen Lekota “het geen mag om my te skors nie, omdat Lekota nie die partyleier is nie”.

Hoewel Lekota én Shilowa op leierskap aanspraak maak, wil albei ’n skeuring in Cope verhinder, omdat ’n wegbreekparty parlementêre setels en geld sal verloor.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.