Lekota se inhuldiging uitgestel
2010-07-21 20:51
Kaapstad – Die inhuldiging van Cope se president, Mosiuoa Lekota, as ‘n lid van parlement is uitgestel terwyl hy en sy adjunk-president, Mbhazima Shilowa, dit in die hof uitbaklei.
Shilowa het Woensdag ‘n dringende aansoek vir ‘n regter in die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien en is tot 27 Julie uitgestel.
Shilowa en sy bondgenoot, Lolo Mashiane, ‘n Cope-parlementslid, wil hê die hof moet keer dat Lekota ‘n parlementslid word.
Lekota het verlede week aangekondig dat hy die plek van Cope se voormalige parlementsleier, Mvume Dandala, sal inneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA