Lekota onttrek uit Cope-konferensie
2010-05-29 08:49
Johannesburg – Mosiuoa Lekota, die leier van Cope, sal ‘n hofinterdik aanvra om te keer dat die party se verkiesingskonferensie Saterdagoggend voortgaan, het ‘n woordvoerder gesê.
Die leierskap van Cope het besluit om uit die konferensie te onttrek en om ‘n dringende hofinterdik te kry om te keer dat die party deur ‘n groep “gekaap” word wat dit wil vernietig, het die woordvoerder Phillip Dexter in ‘n verklaring gesê.
Die interdik poog ook om verdere mishandeling van die party se hulpbronne te keer, het hy gesê.
Lekota se besluit kom nadat die party die Congress National Committee (CNC) se voorstel verwerp het om die verkiesingskonferensie in ‘n konferensie oor beleid te omskep.
Lekota sou die media Saterdagoggend om 10:00 in Kempton Park inlig oor die nuwe verwikkelinge.
Charlotte Lobe, Cope se se sekretaris-generaal, het in ‘n aparte verklaring gesê dat die verkiesingskonferensie wel sal voortgaan.
Volgens Sipho Ngwema, ‘n woordvoerder, sal Lobe ‘n perskonferensie om 11:00 by die St George’s Hotel buite Pretoria hê.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.