Lekota moet uit kantoor, sê Cope

2010-06-01 09:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Mosiuoa Lekota, ­Cope-president, moet teen Woensdag sy kantoor ontruim nadat hy uit alle leierskap­strukture in die party verwyder is, luidens ’n verklaring deur Sipho Ngwema.

Boonop het Cope se leierskorps aan sy regspan opdrag gegee om die hofinterdik wat Lekota dié naweek bekom het om die leierskongres te stop, te beveg.

Lekota en sy regterhand, Philip Dexter, is Maandag amptelik in kennis gestel oor ’n mosie van wantroue wat op die kongres teen hulle ingestel is.

Albei is uit hul onderskeie posisies as president en kommunikasiehoof verwyder. Hul lidmaatskap van die sentrale nasionale komitee (CNC) is ook beëindig.

“Die hoofsekretaris sal ’n vergadering van die CNC waar die moontlik toekomstige ontplooiing van die twee lede bespreek sal word, byeenroep. Daar word van die voormalige leier verwag om sy kantoor binne 48 uur te ontruim,” lui Ngwema se verklaring.

Lekota het vroeër gesê Cope se interne struwelinge is nie veel anders as twee rugbyspanne wat mekaar die stryd aansê nie.

Vir diegene wat van buite kyk, lyk dit chaoties, maar die spel werk volgens ’n stelsel.

“Ons het gehoop dat dinge anders sou wees, maar dit het op die ou end nie so uitgewerk nie. Ek is egter optimisties dat die hele ding positief gaan uitwerk.”

Die party is verdeel tussen ondersteuners van Lekota en Mbhazima Shilowa, sy adjunk.

Die mosie het gekom nadat Le­kota dié naweek ’n hofinterdik om die leiersverkiesing te keer, bekom het. Shilowa was vasbeslote dat die verkiesing van ’n nuwe nasionale leierskorps moes voortgaan. Dié leierskorps – met Shilowa aan die stuur – is toe gekies.

Lekota het Maandagaand aan eNews gesê die betrokke komitee se besluite het geen status nie en hy gaan nie sy kantoor binne 48 uur ontruim nie.

- Die Burger

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: cope  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.