Lekota kry warm ontvangs in NV

2010-08-19 10:00
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kaapstad - Mosiuoa Lekota het Woensdag ’n onverwagse warm ontvangs in die Nasionale Vergadering (NV) gekry toe hy vir die eerste keer sedert 2008 daar ingeloop het.

Dít het gevolg nadat die Kaapse hooggeregshof beslis het Lekota se leierskap van Cope, wat deur sy onderleier, Mbhazima Shilowa, betwis is, is geldig.

ANC-LP’s het hom hartlik (sommiges baie sarkasties) toegejuig toe die speaker, Max Sisulu, met die begin van ’n gesamentlike parlementsitting aangekondig het Lekota is vroeër as LP beëdig. Pres. Jacob Zuma het hande geklap, terwyl dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, hom staande toegejuig het.

Shilowa, Cope se hoofsweep, was nie in die huis om sy sitplek langs Lekota in te neem nie. Geen van Shilowa se getroue bondgenote, soos Mluleki George, was daar nie.

Hoewel Woensdag se hofbeslissing ’n einde bring aan die voortslepende regsoptrede tussen Lekota en Shilowa, sal dit waarskynlik nie die einde wees van die bitter stryd tussen dié twee leiers, wat die party tot op die rand van ’n skeuring gebring en in warboel gelaat het nie.

Albei was Woensdag versoenend en het gesê hulle sal ten goede van die party en sy ondersteuners werk.

Volgens inligting gaan die Le-kota-groep egter so gou moontlik met ’n suiweringsproses begin sodra ’n forensiese oudit na Cope se parlementêre geldsake afgehandel is. Shilowa en sy meelopers oorweeg op hul beurt om van Cope af te stig, wat kan beteken die party sal uit twee faksies bestaan.

Lekota het oomblikke ná sy beëdiging in Sisulu se kantoor gesê hy is verlig die soveelste hofgeding is verby sodat hy op sy werk as Cope-leier kan fokus. “Die belangrikste taak is om die party weer op sy spoor te kry. Ons moet ons werk begin doen en die deurmekaarspul wat heers, oplos.”

Shilowa is welkom om onder hom te dien. “Hy het steeds ’n toekoms in die party. Vir hom, en ander, gaan hul plek in die party afhang van hul houding en benadering tot die hofbeslissing en besluite wat deur die partyleierskorps geneem is.”

- Volksblad

Lees meer oor: mosiuoa lekota  |  politiek

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.