Lekota eersdaags parlementslid

2010-07-05 08:22
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad – Die sekretaris van die parlement behoort vandag ’n brief van Cope te ontvang waarin Mosiuoa Lekota in die plek van Mvume Dandala as LP voorgehou word.

Die party se sentrale nasionale komitee het Vrydag, sonder die deelname van Mbhazima Shilowa en sy ondersteuners, besluit om Lekota parlement toe te stuur nadat die bedanking van Dandala aanvaar en bekragtig is.

Cope is ook in die proses om die wetgewende gesag van Dandala se bedanking in kennis te stel.

Hoewel die Shilowa-faksie volhou Dandala het nié bedank nie, maar bloot ’n aanduiding gegee dat hy van voorneme is om só te maak, het Die Burger ’n afskrif van die bedankingsbrief wat deur Dandala onderteken is. Hy het ook vroeër aan Lizel Steenkamp bevestig hy gaan sy pos as die party se parlementêre leier ontruim.

Dandala se bedanking is Dinsdag van krag.

Dit behoort ’n einde te bring aan die Shilowa-ondersteuners se pogings om die parlement as die laaste vesting van dié groepering te beskerm nadat hy reeds beheer oor die nasionale komitee én die voorbereidingskomitee verloor het.

Shilowa is onlangs sy tekenregte op die party se parlementêre bankrekenings ontneem en daar was ’n groot poging om te keer dat Lekota Dandala se parlementêre setel opneem.

Lekota is eerste op Cope se kandidatelys waaruit plaasvervanger-LP’s aangewys word. Shilowa se pogings om die lys aan te pas, is in die wiele gery toe die hooggeregshof in Johannesburg vroeër beslis het Lekota, en nie Shilowa nie, is die party se regmatige leier.

Lekota sal na verwagting spoedig op ’n spesiale koukusvergadering tot parlementêre leier verkies word.

Dit sal hom in staat stel om ’n volledige oudit van Cope se geld­sake en Shilowa – Cope-hoofsweep – se bestuur daarvan te laat doen. Talle bewerings oor wanbestuur, intimidasie en onregmatige be­steding is die afgelope weke vanuit Cope se koukus teenoor die media gemaak en hoewel die meeste daarvan ongetoets bly, is daar ’n uitgebreide papierspoor wat Shilowa in ’n slegte lig kan stel.

Dit is tans onduidelik wat Shilowa beplan. Hy was verlede week in Limpopo om steun vir sy hernieude aanslag op die partyleierskap in September te werf, maar hy en sy meelopers weier steeds om aan amptelike partystrukture deel te neem.

Dít verskerp die verdeling wat tans in die party bestaan.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.