Lekota bring hulde aan Tatane

2011-04-23 23:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Congress of the People-president, Mosiuoa Lekota, het hulde gebring aan die Ficksburg-betoger Andries Tatane by sy begrafnisdiens Saterdag.

Lekota het ‘n toespraak gemaak by die begrafnisdiens in die Meqheleng-township. Hy het roubeklaers herinner dat, in die Sesotho-kultuur, ‘n jong man se mense altyd op hom vertrou om hulle te beskerm, het Phillip Dexter, Cope-woordvoerder, gesê.

“Ngwana monna ke kabeloa manong – ‘n jong man wat oorlog toe gegaan het, het altyd die risiko geloop dat aasvoëls aan sy liggaam sal pik,” het Lekota gesê.

Dexter het in ‘n verklaring gesê Lekota het hierdie vergelyking gebruik om te dui op die “opportunisme van die heersende party, wie se beleid sy dood beteken het en hom dan een van hul eie wil noem nadat hulle hom en sy durf versaak het”.

Lekota het herhaal dat Tatane doodgemaak is deur die land se veiligheidsliggame, wat veronderstel was om hom te beskerm.

“Hy het dié wat gesê het hulle sal in beheer wees totdat Jesus terugkeer, gewaarsku dat hulle hul eie leuens op hul eie risiko glo. Die mense – soos kameraad Tatane – sou in opstand kom teen die status quo.”

Lekota het gesê toe Tatane vir water en ander basiese dienste gevra het, het die owerhede hom met dodelike mag stilgemaak.

Hy het afgesluit deur te sê dat verandering onafwendbaar is en dat, solank mense se lewenstoestande onveranderd bly, die logiese aanduiding is dat die geveg om dit te verander sal voortduur.

Tatane is dood nadat hy na bewering twee weke gelede deur die polisie geskiet is.

Die SABC het beeldmateriaal uitgesaai waarop gesien kan word hoe ‘n groep polisiebeamptes die ongewapende Tatane met knuppelhoue peper. Op die beeldmateriaal hou hy sy bors vas en kyk af na bloed op sy borskas.

Twintig minute later het hy inmekaargesak en gesterf. Hy is vermoedelik deur ‘n rubberkoeël getref.

Agt polisiebeamptes het in die hof verskyn in verband met Tatane se dood. Die saak is tot 26 April uitgestel.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.