Lekota: Ek bly Cope se leier
2010-05-30 18:08
Johannesburg - Mosiua Lekota, Cope se leier, het Sondag sy posisie as die leier van dié party bekragtig en die mosie van wantroue teen hom verwerp.
Volgens Lekota was die mosie nie deel van ‘n wettige proses nie.
“Ek bly sterk in my pos as leier van Cope,” het hy aan joernaliste in Kemptonpark gesê.
‘n Mosie van wantroue teen Lekota is Saterdag tydens Cope se verkiesingskonferensie ingedien. Lekota het die konferensie se verkiesings kort geknip deur ‘n interdik daarteen te kry.
- Sapa