Lekkerlooproete bied gou weer pret en plesier

2010-08-11 09:51
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die Lekkerlooproete in die middestad gaan nog voor die einde van die maand weer gebruik word.

Dié roete, wat tot skaars ’n maand gelede soveel pret en plesier aan derduisende mense verskaf het, gaan op 27 Augustus weer benut word om sokkerkykers van die Kaapse stasie na die Kaapstad-stadion te bring.

Samesprekings is ook Dinsdaggevoer om die pendelbusse en parkeer-en-ry-geriewe wat vir Wêreldbeker-wedstryde gebruik is terselfdertyd in te span.

Twee PSL-sokkerwedstryde word op 27 Augustus in die Kaapstad-stadion gespeel – tussen Vasco da Gama en Orlando Pirates (om 18:00) en tussen Ajax Cape Town en Bloemfontein Celtic (om 20:45).

Sowat 40 000 kaartjies, wat wissel tussen R40 en R80, word deur Computicket vir dié wedstryde verkoop.

Volgens Morné du Plessis, voorsitter van Sail Stade­france, die stadionoperateur, word die kaartjies bekostigbaar gehou om soveel as moontlik aanhangers ’n kans te gee om die atmosfeer van die Wêreldbeker­toernooi te herleef.

“Ons hoop ook dat baie mense wat nog nie hier was nie die kans sal gebruik om die stadion te besoek.

“Die stadsraad gaan nuwe lewe in die Lekkerlooproete blaas en ons nooi mense om op pad na die stadion aan die pret en plesier deel te neem.”

Mario das Neves, voorsitter van Vasco de Gama, het bygevoeg dat sy span baie opgewonde is om hul eerste PSL-wedstryd ooit in dié stadion te speel.

“Ons klub is vanjaar 30 jaar oud en daar kan nie ’n beter plek wees om dit saam met die Kaapse sokkerkykers te vier nie.”

Sail Stadefrance en verteenwoordigers van die stadsraad het gister ook samesprekings gevoer oor die gebruik van die pendelbusdiens na die stadion.

’n Finale besluit sal na verwagting vandag geneem word.

’n Program van vermaak voor die wedstryde sal later bekend gemaak word.

Intussen het die Wes-Kaapse minister van sport en ontspanning, Sakkie Jenner, ’n beroep op Kapenaars gedoen om plaaslike sokker te ondersteun.

“Die twee wedstryd is ’n gulde geleentheid om weer gees in ons plaaslike wedstryde te blaas.

“Die Kaapstad-stadion, wat R4,4 miljard gekos het, sal oorbodig raak as ons nie sulke geleenthede ondersteun nie.

“Ons moet probeer om die gees van patriotisme wat tydens die Wêreldbeker-toernooi geheers het, voort te sit. Kom ons blaas ons vuvuzelas vir plaaslike sokker.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kaapstad  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.