Matthews-moordenaar wil 'waarheid' vertel

2012-01-25 10:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley sal Woensdag na verwagting in die Johannesburgse hooggeregshof aansoek doen om 'n herverhoor, het ‘n koerant berig.

The Star berig dat Moodley na die hof wil terugkeer om “die waarheid” te vertel.

Volgens die dagblad sal Moodley ook aansoek doen om sy skuldigbevinding en vonnis tersyde te stel.

Moodley is daaraan skuldig bevind dat hy die student Leigh Matthews (21) in Julie 2004 ontvoer en vermoor het.

Hy het haar vir menigte ure aangehou voordat hy R50 000 se losprys van haar pa geneem het. Daarna het Moodley vir Matthews geskiet.

Hy is op 4 Augustus 2005 gevonnis. Hy is lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir ontvoering. Regter Joop Labuschagne het hom ook tot 10 jaar vir afpersing gevonnis.

Moodley beweer in die aansoek dat drie dwelmhandelaars – Frank, Allie en Jemba – hom gedwing het om Matthews te ontvoer.

Hulle het eers probeer om ‘n Franse student, Gasper, by die Bond-universiteit in Sandton, Johannesburg, te ontvoer. Hul plan het egter nie uitgewerk nie.

Moodley sê hy het nie die dwelmhandelaars geken nie, maar hy wou hulle help om Gasper te ontvoer aangesien hy hulle geld geskuld het.

Hy sê hy was baie bang vir die dwelmhandelaars. Hulle het Moodley opgespoor en gesê hulle kon nie Gasper in die hande kry nie. Die dwelmhandelaars was glo desperaat vir geld.

Daarna is Matthews ontvoer.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: donovan moodley  |  leigh matthews  |  moord  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.