Leeu byt man dood op plaas
2011-12-06 18:58
Johannesburg – ‘n Leeu het ‘n kontrakwerker op ‘n Vrystaatse plaas doodgebyt, het die polisie Dinsdag gesê.
Volgens sers. Mmako Mophiring het die aanval Maandag omstreeks 21:00 op die plaas Leeubank naby Villiers gebeur.
Die man, wat van KwaZulu-Natal afkomstig is, het ‘n huis op die plaas verlaat om water by ‘n buitekraan te kry toe die leeu hom bespring het.
Volgens Mophiring het die eienaar van die plaas die leeu doodgeskiet. Die leeu het blykbaar uit sy kamp op die plaas ontsnap.
Hoe die leeu daarin geslaag het om te ontsnap, sal ondersoek word, het Mophiring gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA