Leerlinge in hospitaal nadat chloorbom ontplof

2009-10-27 07:19
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Twee leerlinge aan die Hoërskool Bloemfontein is beseer toe ’n tuisgemaakte chloorbom in ’n plastiekbottel by die skool naby hulle ontplof het.

Die polisie ondersoek die voorval Vrydag by die skool toe ’n matriekleerling die chloorbom na bewering in die rigting van ’n groep leerlinge gegooi en dit ontplof het.

Brandon Third (16), ’n gr. 9- leerling, is na die ongevalle-afdeling van die Bloemfontein Medi-Clinic gehaas nadat chemikalieë in sy oë beland het.

Sy ma, Elize Third, sê dit was Vrydag die matriekleerlinge se laaste dag by die skool.

“Al die ander leerlinge het ’n erewag vir die matrikulante gevorm sodat hulle by die skool kon uitstap. Waterballonne is heen en weer gegooi en dit was alles in ’n goeie gees.”

Third sê dinge het lelik skeefgeloop toe ’n matrikulant na bewering ’n chloorbom in die rigting van leerlinge gegooi het.

“My kind het die bottel uit nuuskierigheid opgetel. Dit het onmiddellik ontplof.

“Twee onderwysers het ten minste kop gehou en sy oë met water uitgespoel.”

’n Tweede leerling in gr. 10, wie se ouers verkies dat hy anoniem bly, het langs Brandon gestaan toe die chloorbom ontplof het en chloor het op hom gespat.

Die leerling het sy pa gebel en dié het hom toestemming gegee om huis toe te gaan.

“My seun het op sy motorfiets geklim om huis toe te gaan. Op pad daarheen het sy oë erg begin traan en hy het nie lekker gevoel nie. Hy het om die eerste draai van sy motorfiets geval.”

Die pa sê daar word vermoed dat die chloor in die beperkte spasie van die valhelm sy seun aangetas en die ongeluk veroorsaak het.

Die seun het sy linkerpols gebreek en skraapwonde opgedoen. Skade van nagenoeg R6 000 is aan sy motorfiets aangerig.

’n Ooggetuie van die ongeluk wat dié leerling gehelp het, het bevestig dat hy na chloor geruik het.

Die ouers is woedend oor die voorval en die skool se klaarblyklike ontkenning van skuld.

“Die skoolhoof het eenvoudig R500 in my hand gedruk en gesê ek moet my kind dokter toe vat. Later het hy gesê dit was onverantwoordelik van ons kinders om die chloorbom op te tel,” het Third gesê.

Tobie Connoway, skoolhoof, het gister geweier om kommentaar te lewer.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Medi-Clinic, het bevestig Brandon is vir chemiese brandwonde behandel en na ’n oogspesialis verwys. Sy het ook bevestig die tweede leerling se pols is gebreek.

Supt. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, het gesê ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek.

Die Vrystaatse onderwysdepartement is van die voorval in kennis gestel.

- Beeld

Lees meer oor: skool  |  bom

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

jj.walt1 sê... Die perlemoen word een keer per jaar (ek dink) op veiling gesit en aan ide hoogte bieder verkoop. DIt is natuurlik 'n heerlike slenter vir die smokkelaars om 'n wettige uitvoerpermit te verkry - koop 1 ton - smokkel 10 uit... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2006
R 209,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.