Leerling verdrink in dam
2010-09-29 16:14
Kaapstad – ‘n Wes-Kaapse leerling het verdrink tydens ‘n leerskool die afgelope vakansie, het die provinsiale minister van onderwys, Donald Grant, Woensdag bekend gemaak.
Die Gr 12-leerling, Mkhanyisi Ncamubomi, het Dinsdag in ‘n dam op 'n plaas naby Grabouw verdrink waar die leerskool tydens die vakansie aangebied word.
Hy was deel van die Umyezo Wama-Apile-skool in Grabouw.
Grant het gesê die leerling se dood is ‘n tragedie.
Die departement het sielkundiges gereëls om klasmaats by te staan na afloop van die voorval.
Klasse by die leerskool het Woensdag soos normaal voortgeduur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA