Leerders van spogskool vas oor 'seksvideo'
2011-10-18 14:14
Oudsthoorn – Drie tienerseuns is in hegtenis geneem nadat 'n seksvideo van 'n voorval by die Hoërskool Oudtshoorn die ronde gedoen het, berig Die Burger.
Die seuns (16, 17 en 18 jaar oud) is Vrydag by die skool in hegtenis geneem op aanklag van statutêre verkragting en het dieselfde dag in die hof verskyn. Hulle is in die sorg van hul ouers vrygelaat.
Kapt. Louis Visser, polisiewoordvoerder, het gesê 'n 15-jarige meisie het 'n klag van statutêre verkragting teen hulle ingedien
Dit is nie bekend wanneer die voorval plaasgevind het nie.
Volgens Visser was daar twee soortgelyke voorvalle in Mei en September vanjaar – een op die terrein van die skoolkoshuis en die ander by die De Jager-sportkompleks.
Die skoolhoof wou nie kommentaar lewer nie.
Paddy Attwell, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê die departement is baie bekommerd oor die voorval. “Die departement sal die saak noukeurig volg. Die reg moet sy beloop neem.”
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter