Leerders steek nog klaskamers aan die brand

2010-04-15 10:32
Tweets Share Share line Print

Malmesbury – In ’n tweede dag van geweldpleging is nog drie losstaande klaskamers van die Sekondêre Skool Naphakade in Malmesbury Woensdag deur oproerige leerders aan die brand gesteek.

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, het intussen ’n dringende interdik aangevra dat slegs amptenare van die Wes-Kaapse onderwysdepartement op die perseel toegelaat word.

Die skool sal tot Maandag gesluit wees, het hy gesê.

Die oproer het Dinsdag begin en die polisie moes leerders met rubberkoeëls uitmekaar dryf nadat ’n klaskamer, twee toilette en die hut van die skool se sekerheidswag aan die brand gesteek is.

Woensdag het leerders ruite van die skool se klaskamers stukkend gegooi. Leerders het ook in en om die skool en voor die landdroshof getoi-toi waar vier medeleerders wat eergister in hegtenis geneem is, verskyn het.

Hulle eis ’n nuwe skoolgebou. Die Sekondêre en Primêre Skool Naphakade deel tans ’n perseel en leerders kla dat daar tot 60leerders in een klas is.

Volgens Sharon Mbala (15), ’n leerder van die skool, is die hele aksie vooruit beplan.

“Totdat hulle presies vir ons sê wanneer die nuwe skool gebou gaan word, sal ons hiermee voortgaan.”

Nadat Vuyella Swelindawo, ’n onderwyseres, gister onsuksesvol probeer het om leerders te kalmeer, het een van die leerders ’n droë tak in ’n klaskamer gesit en dit saam met papiere aan die brand gesteek.

’n Groep swaar gewapende polisiebeamptes wat toe die skoolterrein binnegegaan het, is deur leerders met klippe bestook.

Twee leerders, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, is op aanklagte van brandstigting en openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle sal vandag in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

Volgens konst. Henry du Randt, woordvoerder van die Malmesbury-polisiekantoor, was die situasie by die skool gistermiddag onder beheer.

    * Volgens Du Randt moes ses buitelandse eienaars van spaza-winkels Dinsdagaand hul winkels in die dorp sluit. Vandale het deur die loop van die nag by die winkels ingebreek en dit geplunder.

Die Burger

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.