Leerders se ouers finansieel onder druk

2011-01-11 06:49
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Finansieel uitdagende maande is aan die begin van 2011 ouers van skoolgaande kinders se voorland.

Só het Gert du Plessis van die Kaapse Verbruikersraad Maandag gewaarsku.

Die nuwe Wes-Kaapse skooljaar wat volgende week begin bring hope uitgawes vir ouers.

Skoolgelde moet betaal word en daar is ook die onkoste van nuwe skooluniforms.

Die algemene gevoel is dat verbruikers slimmer koop om finansiële druk in die nuwe jaar te verminder.

“Mense oorbestee in Desember,” het Du Plessis gesê.

Die raad het baie navrae van verbruikers ontvang om op sy begrotingsgerief hul aankope te doen.

Dié gerief stel die verbruiker in staat om betalings oor ’n langer per­iode te maak en só finansiële druk te verminder.

Du Plessis voel die verbruiker sukkel nog hierdie jaar.

Hy het bevestig die nuwe kredietwet verhoed steeds dat mense nie meer bestee as wat hul middele toelaat nie.

Volgens hom sal ouers eerder gehalte inboet wanneer hulle skooluniforms aankoop.

“Die gehalteverskil tussen produkte van verskillende produsente is nie só groot dat die verbruiker ’n duurder produk sal koop nie.”

Du Plessis het ook aangevoer dat verbruikers in die algemeen aankope afskaal.

“Ek is bevrees kleinhandelaars gaan vanjaar swaarkry omdat die verbruiker goedkoper produkte sal koop.”

Paddy Attwell, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê skole mag strafmaatreëls teen ouers toepas indien leerders nie die verlangde skooldrag dra nie.

“Leerders mag egter nie om dié rede verhoed word om klasse by te woon nie.”

- Die Burger

Lees meer oor: skole  |  kinders  |  geld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.